Oorsprong
Seleksie te
Oppenheim, Duitsland uit Teleki se Berlandieri-riparia No. 4
Blare
Bladsteelsinus nou V-vormig op jong blare
tot oop U-vormig op ouer blare
Blare cuneivormig (skildvormig) en swak
drielobbig
Tande klein en
konveks, L1 en L2 tande opvallend lank
Onderkant
naak met borselhare op nerwe
Bokant
effens bebobbeld
Verbouing:
Groeikrag: Gemiddeld tot sterk.
Effek op vrug set: In Frankryk veroorsaak sterk groei swakker set.
Effek op rypwording: vertraag rypwording volgens Franse literatuur.
Gronde: Vlak wortelstelsel. Verdraagsaam teenoor hoë vlakke van
kalk en vertoon
bevredigend op suur gronde. Goed aangepas op ‘n
wye reeks gronde, maar vaar die
beste op ligte, goed gedreineerde
gronde met lae vrugbaarheid. Dit is geskik
vir sanderige gronde maar
word nie aanbeveel vir baie droë toestande nie.
Siektes en plae: Baie hoë filloksera bestandheid en bestand teen
knopwortelaalwurm. In Frankryk lei die sterk groeikrag tot die ontwikkeling
van
Botrytis in die laat somer. Varietëite met hoë magnesium behoefte moet
nie op SO4
geënt word nie aangesien magnesium tekort simptome wys en
blom nekrose voorkom.
Ent: wortel goed maar resultate met bankenting is soms teleurstellend