Thursday, May 30, 2013

SO4



Oorsprong
Seleksie te Oppenheim, Duitsland uit Teleki se  Berlandieri-riparia No. 4

Blare
Bladsteelsinus nou V-vormig op jong blare tot oop U-vormig op ouer blare
Blare cuneivormig (skildvormig) en swak drielobbig
Tande klein en konveks, L1 en L2 tande opvallend lank
Onderkant  naak met  borselhare op nerwe
Bokant  effens bebobbeld

Verbouing:
Groeikrag: Gemiddeld tot sterk.
Effek op vrug set: In Frankryk veroorsaak sterk groei swakker set.
Effek op rypwording: vertraag rypwording volgens Franse literatuur.

Gronde: Vlak wortelstelsel. Verdraagsaam teenoor hoë vlakke van
kalk en vertoon bevredigend op suur gronde. Goed aangepas op ‘n 
wye reeks gronde, maar vaar die beste op ligte, goed gedreineerde 
gronde met lae vrugbaarheid. Dit is geskik vir sanderige gronde maar 
word nie aanbeveel vir baie droë toestande nie.

Siektes en plae: Baie hoë filloksera bestandheid en bestand teen 
knopwortelaalwurm. In Frankryk lei die sterk groeikrag tot die ontwikkeling 
van Botrytis in die laat somer. Varietëite met hoë magnesium behoefte moet 
nie op SO4 geënt word nie aangesien magnesium tekort simptome wys en 
blom nekrose voorkom.

Ent: wortel goed maar resultate met bankenting is soms teleurstellend

110 Richter


Oorsprong :Kruising tussen V berlandieri var Rességuier nr 2 en V rupestris var Martin. 
In 1889 deur Franz Richter in Frankryk gemaak.

Spruitpunt:Webbig behaard; groenerig met persrooi getinte rande.

Volwasse blare: Klein, niervormig; dik en leeragtig; fyn gebobbeld; bladsteelsinus 
oop U-vormig; onderste blaaroppervlakte heeltemal naak; klein, reëlmatige konvekse 
tande; bladstele donker persrooi en naak.

Blomme: Funksioneel manlik; altyd steriel en dus word nooit druiwe gedra nie.

Somerlote: Sterk geriffeld; apikale gedeeltes donker persrooi gekleurd; naak.

Winterlote: Geriffeld; naak; dowwe sjokolade tot gryserig bruin gekleurd; lang 
internodiums; klein, redelik breed, gespitste ogies.

Verbouing: 'n Matig tot sterk groeiende onderstok wat veral in die suide van 
Frankryk verbou word waar dit meer gewild as 99R is. Ook in Spanje en ltalië gewild; 
baie goed bestand teen filloksera; matig tot swak bestand teen aalwurm; goed bestand 
een kalk; matig bestand teen brak; baie goed droogtebestand; vatbaar vir Phytophthora 
wortelverrotting; matig bestand teen nat; goeie entbaarheid met lug- en bankenting; 
goeie affiniteit met V vinifera; plantlote wortel maklik; baie goad aangepas op ‘n wye 
reeks grondtipes wat wissel van sw:aar klei tot sanderige leem.

99 RICHTER


Oorsprong: Kruising tussen V berlandieri var Las Sorres en V rupestris var du Lot. 
Deur F Richter in Frankryk gedurende 1889 gemaak.

Spruitpunt: Webbig behaard; vaalgroenerig tot persrooi; half geslote; driehoekig.

Jong blare: Persrooi-kopergroen, webbig tot donsig.

Volwasse blare: Klein, niervormig; groen tot liggroen; bladsteelsinus besonder 
wydoop liervormig — herinner aan Rupestris du Lot; dunnerig tot matig dik; 
glad tot effens gebobbeld; tande konveks en wyd; nerwe by bladsteelaanhegting 
persrooi; bladstele donker persrooi met kort, los, wollerige hare.

Blomme: Morfologies hermafrodiet, fisiologies manlik; enkele klein, swart korrels 
in hoogs uitsonderlike gevalle op baie sterk-groeiende stokke gedra.

Somerlote: Sterk geriffeld; naak; persgekleurde nodiums by die basis.

Winterlote: Geriffeld; baie lig donserig by die nodiums; gryserig bruin met 
longitudinale donkerbruin strepe; lang internodiums met nie-prominente nodiums.

Verbouing: ‘n Sterk-groelende onderstok wat met sukses in warmer wynboulande 
soos Portugal. Griekeland en Suid-Frankryk verbou word. Goed bestand teen 
kalk (17 % aktiewe kalk); matig bestand teen brak; baie goed bestand teen 
filloksera; matig tot goed bestand teen aalwurms; swak bestand teen nat; 
baie vatbaar vir Phytophthora wortelverrotting: redehik goed droogtebestand; 
baie goeie entbaarheid met bank- sowel as lugenting; uitstaande affiniteit met 
V vinifera; plantlote wortel baie maklik; goed aangepas op diep, goedgedreineerde 
gronde wat goed met vog voorsien is.

Ramsey


Oorsprong: Geselekteer deur T.V.Munson in Texas. Ramsey is moontlik ‘n 
natuurlike hybried tussen V. candicans and V. rupestris, en word soms 
verkeerdelik na verwys as Salt Creek. Die ware Salt Creek is ‘n seleksie 
van V. doaniana, ‘n naverwante spesie.

Spruitpunt: Half-oop, silwerwit, dikwels met karmosyn rande.

Jong blare: Witterig to blinkgroen; donsig tot naak.

Volwasse blare: Kleinerig tot gemiddelde grootte, sy-sinusse afwesig of 
swak ontwikkel, borselhare aan die onderkant, effens geplooi, blink en 
matig dik, tande kort en breed.

Blomme: Funksioneel vroulik.
Somerlote: Opvallend losserige hare kom veral op puntgedeeltes van lote voor.

Verbouing: ‘n Sterk-groeiende onderstok met baie goeie aalwurmbestandheid, 
baie goed droogtebestand weens ‘n diep wortelstelsel, goed bestand teen brak 
en kalk gronde, baie geskik vir gronde met lae vrugbaarheid en growwe tekstuur, 
nie geskik vir nat gronde, geskik vir warm tot baie warm areas waar hoë produksie 
vereis word vir die produksie van kommersiële wyne, ook geskik vir areas met hoë 
aalwurm populasies of wat vatbaar is vir droogte of brak, vertraag rypwording, 
het hoër kaluim opname en swakker kleur by rooi variëteite op hoë potensiaal 
gronde in alle areas.

143 B Mgt


Origin: Cross between V. vinifera cv Ararnon and V. riparia 
by Professor Millardet and the Marquis de Grasset in 1882. 
Imported to South Africa in 1930.

Growing tip: Half open; slightly downy; pale green.

Young leaves: Light green, lower surface glabrous.

Leaf: Fairly large, surface smooth to slightly wavy; three lobed; 
petiolar sinus lyre shaped; lower surface glabrous, pubescent on veins, 
no sign of red, thin, paper like.

Flowers: Morphological hermaphrodite, physiological male; long, 
thin clusters with small black berries; small pips.

Shoot: Light to yellowish green, slightly ribbed, glabrous.

Cane: Smooth and glabrous, big buds; light brown to light gray in color.
Aptitudes: Budding very early, poorly adapted to high lime content soils, 
phylloxera resistance not sufficient, not allowed in Germany, 
well adapted to heavy wet soils with poor internal draining, 
poor affinity with some scion cultivars, nematode resistance not sufficient, 
propagate and graft easy, field grafting usually under average,
very good drought resistance, good resistance against Phytophthora cinnamomi; 
reasonably resistant tot saline soils.

Wednesday, May 29, 2013

Ruggeri 140










E. Archer
Oorsprong: Kruising tussen V berlandieri var Rességuier no 2 en V rupestris var du Lot deur Ruggeri in die twintigste eeu.
Spruitpunt: Webbig-behaard met rosig-gekleurde rande.
Jong blare: Blink, liggroen, naak, rosa-gekleurde rande.
Volwasse blare: Klein, niervormig, heel, leeragtig dik, geplooi, bokant naak, onder bykans naak met nerwe donsig-behaard, bladsteelaanhegting is rooi terwyl sinus oop liervormig is; tande is medium groot en konveks; bladstele pers en naak; basale blare meestal duidelik gelob soos by 420 A.
Blomme: Manlik, steriel, dra geen druiwe nie.
Somerlote: Geriffel, pers, geringe donsigheid teenwoordig.
Winterlote: Geriffel, donker rooibruin, naak met donsigheid by nodes, lang internodes, klein gepunte oë.
Verbouing: ‘n Sterk-groeiende, geharde onderstok wat met sukses in die droë, kalkryke gronde van Sicilië, Tunisië, Algerie en Marokko, gebruik word. Dit het ‘n goeie bestandheid teen kalk en filloksera terwyl dit redelik gevoelig vir aalwurmbesmetting is. Beworteling en vatpersentasie met bankenting is nie so goed soos by 99 Richter nie, maar grondenting lewer goeie resultate.

US 8-7



Oorsprong
Kruising tussen R99 en Jacquez

Blare
Bladsteelsinus baie wyd oop en boogvormig
Blare drielobbig
Tande konveks en breed
Onderkant  naak met effense borselhare op nerwe
Bokant  glad en dofgroen

Verbouing:
Goed bestand teen filloksera en Phytophtera, 
redelik bestand teen aalwurms, goed aangepas op
nat gronde, goed droogtebestand, matig tot sterk
groeiende onderstok

Soil adaptability:
Very versatile; from sandy, wet soils to shallow clays; 
very similar to Ramsey properties; induce good vigour
Good fruit set
Induce earlier ripening, same as Paulsen 1103
Well adapted to salinity and nematodes
Strong vigour with short vegetative cycle
Good adaptability on mixed soils; even growth
Becoming more and more popular in South Africa

Low production of grafting material
Grapes in natural state

Thursday, May 23, 2013

1103 PAULSEN


Oorsprong: Kruising tussen V berlandieri var Resseguier no 2 en V rupestris var du Lot deur Paulsen in 1892.
Spruitpunt: Webbig-behaard en rosig-gekleurd; lste internodium webbig-donsig.
Jong blare: Bronsagtig-gekleurd en naak. Volwasse blare: Klein, niervormig, heel, effe gebobbeld, donkergroen, tandpunte is konkaaf, blad is naak bo en onder, nerwe is pers en donsigbehaard, bladsteelsinus oop U-vormig met bladsteelsinusweefsel meestal afwesig.
Blomme: Manlik, steriel, dra geen druiwe nie.
Somerlote: Webbig-behaard apikaal, geriffel, persrooi met pers nodiums effe donsig.
Winterlote: Geriffel, donkerbruin, effe donsig by nodiums, lang internodiums, klein gepunte oë.
Verbouing: Hierdie onderstok beskik oor ‘n besondere groeikrag en aanpasbaarheid op swaar, klei leem gronde met ‘n nat ondergrond. Sy bestandheid teen brak is redelik terwyl kalkbestandheid goed vergelyk met 99 Richter en 110 Richter. Bestandheid teen filloksera is goed maar slegs matig teen aalwurms. Ongelukkig is hierdie onderstok net so gevoelig vir Phytophthora cinnamomi soos 99 Richter. Dit word hoofsaaklik vir droëland-toestande aanbeveel. Beworteling en vatpersentasie tydens enting is goed.

101-14

E. Archer

Oorsprong: Kruising tussen V. riparia en V. rupestris deur professor Millardet in samewerking met die markies de Grasset (Millardet = M; de Grasset = gt: Mgt).
Spruitpunt: Geslote; bootvormig; bleek groen; steunblare lank en kleurloos
Jong blare: Lig tot gelerig groen; effe koperkleurig; geplooi; effe donserig behaard op die nerwe aan die onderkant van die blaar.
Volwasse blare: Wigvormig; riparia-agtig; neig na drie-lobbig; terminale tande van die hoofnerwe is lank; oppervlakte effe geplooi tot gegolf; borselhare aan die onderkant op die hoofnerwe; liggroenerig gekleur; bladsteelsinus baie oop U-vormig; bladstele ligrooi gekleur en naak tot effe borselharig.
Blomme: Morfologies hermafrodiet, fisiologies vroulik; gee oorsprong aan klein, swart trossies met klein ronde korrels; pitte het byna geen nekkies nie.
Somerlote: Fyn geriffeld; naak; persrooi; kort internodiums; relatiewe vroeë blaarval.
Winterlote: Fyn geriffeld; fyn borselhare op nodiums; ligvaal tot donker vaal met opvallend lig strooikleurige vaatbondelriwwe; nodiums nie baie prominent; klein gepunte ogies.
Verbouing: Medium groeiende onderstok met n relatief kort vegetatiewe periode wat gebruik kan word wanneer vroeër rypwording verlang word; goed aangepas op vlakkerige dupleksgronde; lae bestandheid teen aktiewe kalk (9% vry kalk); baie goed bestand teen filloksera; goed bestand teen knopwortelaalwurm; vatbaar vir Phytophthora wortelverrotting; goed tot baie goed natbestand redelik goed droogtebestand; goed brakbestand; goeie wortelvormingsvermoë; goeie affiniteit word met hittebehandelde materiaal verkry; matige groeikrag word in die bo-cultivars geinduseer.