Thursday, May 30, 2013

110 Richter


Oorsprong :Kruising tussen V berlandieri var Rességuier nr 2 en V rupestris var Martin. 
In 1889 deur Franz Richter in Frankryk gemaak.

Spruitpunt:Webbig behaard; groenerig met persrooi getinte rande.

Volwasse blare: Klein, niervormig; dik en leeragtig; fyn gebobbeld; bladsteelsinus 
oop U-vormig; onderste blaaroppervlakte heeltemal naak; klein, reëlmatige konvekse 
tande; bladstele donker persrooi en naak.

Blomme: Funksioneel manlik; altyd steriel en dus word nooit druiwe gedra nie.

Somerlote: Sterk geriffeld; apikale gedeeltes donker persrooi gekleurd; naak.

Winterlote: Geriffeld; naak; dowwe sjokolade tot gryserig bruin gekleurd; lang 
internodiums; klein, redelik breed, gespitste ogies.

Verbouing: 'n Matig tot sterk groeiende onderstok wat veral in die suide van 
Frankryk verbou word waar dit meer gewild as 99R is. Ook in Spanje en ltalië gewild; 
baie goed bestand teen filloksera; matig tot swak bestand teen aalwurm; goed bestand 
een kalk; matig bestand teen brak; baie goed droogtebestand; vatbaar vir Phytophthora 
wortelverrotting; matig bestand teen nat; goeie entbaarheid met lug- en bankenting; 
goeie affiniteit met V vinifera; plantlote wortel maklik; baie goad aangepas op ‘n wye 
reeks grondtipes wat wissel van sw:aar klei tot sanderige leem.

No comments:

Post a Comment