Thursday, May 30, 2013

SO4



Oorsprong
Seleksie te Oppenheim, Duitsland uit Teleki se  Berlandieri-riparia No. 4

Blare
Bladsteelsinus nou V-vormig op jong blare tot oop U-vormig op ouer blare
Blare cuneivormig (skildvormig) en swak drielobbig
Tande klein en konveks, L1 en L2 tande opvallend lank
Onderkant  naak met  borselhare op nerwe
Bokant  effens bebobbeld

Verbouing:
Groeikrag: Gemiddeld tot sterk.
Effek op vrug set: In Frankryk veroorsaak sterk groei swakker set.
Effek op rypwording: vertraag rypwording volgens Franse literatuur.

Gronde: Vlak wortelstelsel. Verdraagsaam teenoor hoë vlakke van
kalk en vertoon bevredigend op suur gronde. Goed aangepas op ‘n 
wye reeks gronde, maar vaar die beste op ligte, goed gedreineerde 
gronde met lae vrugbaarheid. Dit is geskik vir sanderige gronde maar 
word nie aanbeveel vir baie droë toestande nie.

Siektes en plae: Baie hoë filloksera bestandheid en bestand teen 
knopwortelaalwurm. In Frankryk lei die sterk groeikrag tot die ontwikkeling 
van Botrytis in die laat somer. Varietëite met hoë magnesium behoefte moet 
nie op SO4 geënt word nie aangesien magnesium tekort simptome wys en 
blom nekrose voorkom.

Ent: wortel goed maar resultate met bankenting is soms teleurstellend

No comments:

Post a Comment