Thursday, May 30, 2013

Ramsey


Oorsprong: Geselekteer deur T.V.Munson in Texas. Ramsey is moontlik ‘n 
natuurlike hybried tussen V. candicans and V. rupestris, en word soms 
verkeerdelik na verwys as Salt Creek. Die ware Salt Creek is ‘n seleksie 
van V. doaniana, ‘n naverwante spesie.

Spruitpunt: Half-oop, silwerwit, dikwels met karmosyn rande.

Jong blare: Witterig to blinkgroen; donsig tot naak.

Volwasse blare: Kleinerig tot gemiddelde grootte, sy-sinusse afwesig of 
swak ontwikkel, borselhare aan die onderkant, effens geplooi, blink en 
matig dik, tande kort en breed.

Blomme: Funksioneel vroulik.
Somerlote: Opvallend losserige hare kom veral op puntgedeeltes van lote voor.

Verbouing: ‘n Sterk-groeiende onderstok met baie goeie aalwurmbestandheid, 
baie goed droogtebestand weens ‘n diep wortelstelsel, goed bestand teen brak 
en kalk gronde, baie geskik vir gronde met lae vrugbaarheid en growwe tekstuur, 
nie geskik vir nat gronde, geskik vir warm tot baie warm areas waar hoë produksie 
vereis word vir die produksie van kommersiële wyne, ook geskik vir areas met hoë 
aalwurm populasies of wat vatbaar is vir droogte of brak, vertraag rypwording, 
het hoër kaluim opname en swakker kleur by rooi variëteite op hoë potensiaal 
gronde in alle areas.

No comments:

Post a Comment